TUNA PAELLA

TUNA PAELLA
Tunaballetjies:
1 blik tuna (200 g) in water, gedreineer
1 middelslag wortel, geskil en gerasper
1 sny brood, in melk geweek en drooggedruk
1 Eier, geklits
sout en peper na smaak
olie om in te braai.
rys
1 ui, fyngekap
olie
10 ml borrie
1 ml rooipeper
4 x 250 ml gaar rys
250 ml ertjies (opsioneel)
Meng al die bestanddele vir die tunaballetjies liggies met ‘n vurk. Vorm balletjies en braai in vlak olie tot gaar. Lewer ongeveer 12 balletjies. Hou eenkant warm.
Soteer ui in bietjie olie tot sag en voeg borrie en rooipeper by.
Voeg rys by en roerbraai tot goed gemeng.
Meng ertjies by indien verkies en verhit tot warm.
Skep uit op opdienbord en rangskik tunaballetjies bo-op.
Dien op met skyfies suurlemoen.
Genoeg vir 3 tot 4 persone.
Resep geplaas deur Anne-Marie Pretorius