MELKTERT MET TENNISBESKUITJIE-KORS


MELKTERT MET TENNISBESKUITJIE-KORS
Resep en foto: Linda Diedericks
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak Tennisbeskuitjies
Vulsel:
1 liter melk
25 g botter
3 eiers, geskei
200 ml suiker
4 eetlepels koekmeel
4 eetlepels maizena
knippie sout
Pak die Tennisbeskuitjies onderin die bak. Kook 1 liter melk met die botter.
Skei 3 eiers en klits wit styf. Sit die eiergeel by melk voordat dit kook en klits goed.
Giet 250 ml melk in ‘n mengbak saam met suiker, koekmeel, maizena en sout en meng goed. Voeg meelmengsel by melk wanneer kook. Roer aanhoudend met draadspaan totdat dit dik is en kook. Vou eierwitte in, skep oor die Tennisbeskuitjies en laat afkoel. Sprinkel kaneel oor.