LEKKER BESKUIT MET SADE EN KLAPPER


LEKKER BESKUIT MET SADE EN KLAPPER
Resep: Francis Schoeman
Foto: Letitia Henstock
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel
¼ koppie bakpoeier
1 teelepel sout
1½ koppies muesli
¾ koppie rosyne (ek gebruik granberries)
1¼ koppies sonneblomsaad
½ koppie klapper
¼ koppie linseed
¼ koppie sesame seeds
2 koppies bruin suiker
3 groot eiers
2 koppies karringmelk
500 g stork bake magarien kamertemperatuur
Voor verhit oond tot 180°C.
Klits suiker en magarien tot romerig in ‘n groot skottel.
Klits eiers een vir een by.
Voeg karringmelk by en meng goed.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam en meng al die ander droë bestanddele goed.
Meng nou alles saam.
Bietjie meelblom kan op hande gegooi word as deeg te klam is.
Druk in 2 beskuitpanne en bak 45 min.
Droog losgemaakte beskuit op 70° C vir ongeveer 4 ure tot droog in oond waarvan die deur met iets effens oopgehou word.
Francis Schoeman – Die bakpoeier klink na baie, maar met al die sade, klapper en muesli, bak hy met groot sukses. n Persoon kan die bakpoeier baie verminder, maar ek persoonlik vind dan dat die beskuit klipperig uitkom. Ek bak die resep gereeld en my vriende vra gereeld daarna en het nog nooit n probleem ervaar nie.