KONFETTIPOEDING


KONFETTIPOEDING
4 pakkies jelliepoeier van verskillende kleure (rooi, geel, oranje en groen)
125 ml kookwater vir elke pakkie jellie
125 ml koue water vir elke pakkie jellie
Maak aan en laat jellie stol, sodra jellie gestol het, sny in blokkies.

Maak 1 pakkie suurlemoenjellie aan met 100 ml kookwater en 100 ml koue water. Laat goed afkoel en meng met 1 blikkie kondensmelk. Spoel bak uit met koue water, voeg blokkiesjellie in bak en meng met suurlemoenjellie en kondensmelkmengsel wat goed afgekoel het. Dit moet nie warm wees nie, want dan gaan blokkies jellie smelt. Laat stol en versier na smaak met room en kersies.
Resep geplaas deur Stompie Theron Borman
Foto: Stompie Theron Borman