KLUITJIES


KLUITJIES
Resep: Ronel Koekemoer
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
¼ teelepel peper
1 groot eier, geklop
2 eetlepels botter, gesmelt
¾ tot 1 koppie volroom melk
kruie soos pietersielie (opsioneel)
Meng alles bymekaar en breek klein bolletjies af. Pak hulle versigtig bo-op die bredie terwyl dit vinnig kook (met spasie tussen hulle sodat hulle kan rys), sit die deksel op en draai die hitte af sodat dit net prut.
Dit vat gewoonlik so 20-30 minute afhangend van die grootte – jy kan maar toets na 20 minute, Moenie die deksel voor 20 min oplig nie.