1

HEERLIKE TAMATIESOP


HEERLIKE TAMATIESOP
3 preie, in skyfies gesny
1 teelepel vars knoffel fyn gekap
5 ml droë gemengde kruie
200 g spek in blokkies gesny (kyk vir spek met ‘n bietjie vet aan)
410 g (1 blik) gekapte tamaties
410 g (1blik tamatiepuree)
4 teelepels Ina Paarman’s hoender aftrekselpoeier gemeng met 4 koppies kookwater
heelwat witpeper of na smaak
sout na smaak
bietjie olie

Verhit olie en sorteer preie, knoffel en gemengde kruie tot preie sag is.
Voeg spek by en sorteer tot gaar.
Voeg nou tamaties, puree en hoenderaftreksel en sout en peper by en prut vir 45 min oor matige hitte.
Geniet warm.
Maak 6 sulke sopkomme vol sop.
Heerlik dik.
Nota:  Ek voeg meestal nog ‘n ekstra prei by.
Resep en foto:  Francis Schoeman