HALOGEEN OOND ROLY POLY POEDING


HALOGEEN OOND ROLY POLY POEDING
Ek het gister roly poly poeding in my oondjie gemaak.
Sous:
Kook saam:
1 koppie water
½ koppie suiker
1 eetlepel botter
Deeg:
Sif saam:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ koppie botter
1 eier
melk
Vryf ‘n ¼ koppie botter in meel. Klits 1 eier. Voeg by meel en meng tot stywe deeg. Voeg bietjie melk by indien nodig.
Rol uit in reghoek. Smeer appelkooskonfyt op. Rol op.
Sny skywe, gooi sous in oondbak en pak skywe op sous.
Bak teen 160 ºC vir 15 min op onderste rakkie.
Resep geplaas deur Amanda Theunissen
Foto: Amanda Theunissen