CINDY SE PASTASLAAI


CINDY SE PASTASLAAI
Resep geplaas deur Cindy Moss
FOOD LOVERS RECIPES
My weergawe!
½ pak noedels, gekook soos op verpakking
1½ ui
1 groen soetrissie
1 koppie suiker
½ koppie olie
1 koppie tamatiesous plus ½ koppie ekstra
½ koppie sweet chilli sous
½ koppie bruin- of wit asyn (hang af wat ons in huis het)
1 eetlepel kerrie
sout en peper na smaak
Braai ui en groen soetrissie tot bruin in bietjie olie, voeg by asyn, suiker, tamatiesous, sweet chilli sous, olie, kerriepoeier, sout en peper.
Laat kerrie lekker geur ontwikkel terwyl alles kook. Sodra alles klaar gekook is laat afkoel en skep oor gaar noedels (afgekoel), meng saam, laat staan ruk en voordat opskep,
Voeg ‘n ½ koppie tamatiesous by vir ekstra kleur en geur, meng goed en bedien.
As daar vir die volgende dag oorbly, is dit nog lekkerder.
Geniet xxx