WORSKOS IDEES


WORSKOS IDEES
FOOD LOVERS RECIPES
Santi Evert Erasmus:
Ons ook moeg geraak vir wors net so.
In 3 cm stukkies gesny, repe spek om elke stuk gedraai dwars oor die gesnyde kante. Afwissellend met stukke uie, green, red, yellow peppers en baby marrow op sosatie stokke geryg, liggies met olyf olie gekwas en op die vuur gebraai. Boereworssosaties.
Anuchka En Hendrik Botha:
Braai wors (in klein sirkels gesny so 1 cm)
Voeg2 min beef noodles by met sy sous pakkie.
Blikkie kerrie groente en melk tot noodles gaar is en geniet.
Josh-lin Schereka:
Remove from the casing and make meatballs.
Cook the wors. Set aside. Fry an onion till soft. Chop the wors into rings and add to the onions. Add chopped green pepper. A bit of chilli and paprika if you like. Add 2 tins baked beans.Annemie Coertze Botes:
Sny die wors in stukkies. Plaas in stoompot met aartappeltjies en worteltjies. Voeg 1 blikkie boerie relish daarin en bietjie water. Kook saam tot alles gaar is en eet saam met rys.
Rina Swart:
Sit stukkies rou wors in pan met deksel, strooi rou rys bo op, maak 1 pakkie sop van jou keuse met water aan, giet bo-oor, sit deksel op en kook oor stadige hitte tot rys sag is.
Lani Nelson:
Vat ‘n oondvaste bak, skil ‘n klompie aartappels en sny dit in skywe in die bak, sit die wors rou bo-op die aartappels en sit ‘n deksel op. Bak in die oond tot die aartappels mooi sag is. Bedien op saam met ‘n lekker groen slaai
Sheena Mouton:
Wors stew:
Kook in aparte pot of sommer mikrogolf aartappel blokkies tot gaar.
In ‘n aparte pot – Maak uie en tamatiesmoor, sit aartappels in die mengsel, sout en pepper (ek sit hier kerrie speserye by) en dan braai ek die wors binne in die mengsel. Voeg bietjie water of aangemaakte sousblokkie by.
Jacques De Villiers:
Sny die wors in stukke, kook saam met gesnyde aartapels.
Voeg borrie, konfyt, kerrie en asyn by. ‘n Lekker soet kerrie met pap.
Antjies Venter:
Braai die wors gaar, haal uit en braai uie. Na uie in die wors pan gebraai is, voeg aartappel blokkies by, sit wors terug en sit macaroni bo-op die wors.  Bedek met water en kook stadig tot gaar. Onthou sout en peper na smaak.
Kook tot alles sag, sag is met so lekker dik sous.
Mariaan Thiart Ellis:
Ek braai worsstukkies saam met uie tot gaar, voeg 2 blikke perskeskywe en ‘n ½ koppie mayonnaise by. Laat prut net 3 min. Bedien saam met rys, kapokaartappels of lekker broodjie wat jy in sous kan druk
Angelique Williams:
Ek noem dit “worspot”, ons sny wors in lekker stukkies, maak gaar.  In ‘n pan braai jy die uie lekker bruin, dan voeg jy die volgende gemengde speserye by :
Meng ‘n teelepel van elk, kerrie, borrie, origanum, bbq, meng dit in ‘n bakkie sommer vir ‘n volgende keer ook. Voeg ‘n teelepel of twee van die gemengde spices by uie en sit die wors by. Dan sit jy die gaar rys by. Bedien met ‘n bietjie chutney of hoe ookal jy dit verkies. Lekker veral op ‘n koue aandjie.
Annelie Groenewald:
Sit wors onderin groterige kastrol met ½ koppie water. Pak aartappels, wortels en ‘n ½ kool bo-op. Sit deksel op en kook op medium hitte tot gaar. Nie nodig vir veel geurmiddels nie. Die worsgeur trek deur die groente!
Retha van Vuuren:
Sit 3″ stukkies op ‘n sosatie stokkie, doop in deeg en braai in olie tot bruin, bedien met blatjang, mayonnaise en tamatiesous doopsous as voorgereg!
Ian Nel – Foto
Papballe met wors en braai uie sous.
Skep papballe met icecream scoop in ‘n oondbak. Sit gebraaide wors (nie heeltemal gaar) oor en rondom. Skep gebraaide uie sous oor alles en bak dit verder in oond. Regtig lekker!