TUISGEMAAKTE PIZZA MET GEKOOPTE BASIS


TUISGEMAAKTE PIZZA MET GEKOOPTE BASIS
8 medium gevriesde “today” pizza’s
5 pakkies spek
1 groot green pepper, gekap
1 heel groot blik pynappelstukke.
blok Cheddar kaas en blok wit Cheddar kaas of Mozzerella gerasper
Sous:
350 ml All Gold tamatiesous
½ bottel blatjang so 200 ml
4 eetlepels fyngekapte knoffel
2 eetlepels Italiaanse kruie

Meng die bestanddele.
Smeer jou sous so dik soos jy verkies op die bases.
Strooi jou kaas soveel soos jy verkies wit en geel Cheddar of Mozzerella.
Pak jou gesnyde stukkies spek bo-op die kaas dan die pynappelstukke en laaste die groen soetrussie stukkies.
Bak in oond vir 20 minute by 200ºC dan grill so 2 minute van bo af.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff