SJOKOLADE KOEKSISTERS


SJOKOLADE KOEKSISTERS
4 koppies koekmeel
2 eetlepels bakpoeier
melk
2 eetlepels botter
½ teelepels sout
Vryf botter met vingers in meel in tot dit soos krummels lyk, voeg bakpoeier en sout by en meng deur.
Voeg melk by. Meng tot dit ‘n deeg vorm reg om te rol.
Vleg die deeg en bak in redelike warm olie, sodra uit die olie gehaal word, plaas in koue stroop.
Dompel paar keer en pak op draad rakkie.

Stroop:
4 groot koppies suiker
2 groot koppies water
1/2 teelepel kremetart
2 eetlepel kakao
Kook suiker, kakao en water saam vir 7 min. Voeg kremetart by en laat oornag afkoel.
Resep en foto: Michelle Ludick