1

SJOE SJOE MET BROOD GEBAK


SJOE SJOE MET BROOD GEBAK
500 gram sjoe sjoe, geskil en in blokkies gesny
100 gram suiker (125 ml)
2 ml sout
25 ml botter
2 snye witbrood, elk in 9 blokke gesny
3 stukke pypkaneel
125 ml kookwater

Verhit oond tot 190°C.
Kry ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en pak ‘n laag pampoen onderin.
Sprinkel suiker en sout oor, stip met botter, plaas 3 blokkies brood en 1 kaneelstok bo op.
Herhaal die lae.
Gooi laastens kookwater oor en sit deksel op.
Bak vir sowat 1½ – 2 uur tot pampoen sag is.
Resep: Elize de Kock