PIEKELWORTELS


PIEKELWORTELS
Lekker piekels vir eet saam met vleis, slaaie en garnering.
wortels, soveel soos benodig
pekelwater
Piekel:
2 koppies asyn
1 koppie water
2 koppies suiker
1 pakkie piekelspeserye

Skil, sny en was die wortels.  Plaas die wortels vir paar uur in pekelwater, dreineer en spoel goed af.
Meng die bestanddele vir die piekel in ‘n kastrol.
Voeg die wortels by die piekelsous en kook die wortels in die piekel vir ongeveer 4 min.
Giet die wortels met die piekelsous in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
My kleinkinders eet dit soos lekkergoed.
Resep:  Annemarie Friedrich