KOTIE SE ROOMGROENTE BRAAI PIE


KOTIE SE ROOMGROENTE BRAAI PIE
1 groot ui
3 groot patats
1 250 g pakkie gemengde groente
1 skep vol “sliced jalapenos”
300 g room mayonnaise, moet Woolworths sin wees
100 g vars room
sout en peper
1 pak blaardeeg
Braai uie tot lekker bruin, meng res van bestanddele tot alles redelik droog gebraai het en gaar is.
Sny blaardeeg in 2, en rol so bietjie uit.
Sit mengsel op eerste deeg en plaas 2de deeg oor en rol kante om.
Smeer met ‘n eier en braai in ‘n rooster op vuur tot gaar en lekker bruin.
En lekker eet. Sal verseker so iets meer maak. Baie lekker saam braai vleis.
Dankie aan almal op die groep wat raad gegee het. Sonder julle sou dit nie ‘n sukses gewees het nie. Rina Kleinhans jou groep is 110% puik!!!
Resep en foto: Flipkotie Olivier