KOTIE SE GROENTESOP


KOTIE SE GROENTESOP
Resep en foto: Flipkotie Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
Ek vandag groente sop gekook.
12 wortels
12 aartappels
3 uie
3 rape
1 pakkie gras uie
1 pakkie seldery
1 patat
1.5 pakkie spinasie
1 houertjie Ina Paarman groente stok poeier
2 blokkies Knorr oxtail
peper
1.5 kg chuck kook vleis

Sny alle groente en vleis op in blokkies, behalwe 2 wortels en aartapels.
Braai vleis in stoompot liggies, meng dan helfte van Ina Paarman houer met water en gooi dit by vleis.
Maak 1 blokkie Knorr aan met 500 ml water en gooi ook by vleis. Kook vleis in stoompot tot amper sag.
Sit die groente by vleis behalwe 2 heel aartappels, wortel en spinasie.
Kook tot jou keuse van hoe sag groente moet wees.
Dan as groente sag is, rasper die aartappels en wortels in en gooi die spinasie saam in.
Meng nou res van Ina Paarman poeier wat oor is met bietjie water saam met laaste blokkie Knorr en gooi dit ook nou in die pot.
Stoom dit vir 5 min.