1

IDEES VIR PAMPOEN MET BROOD


IDEES VIR PAMPOEN MET BROOD
Da-Ina du Randt: Ek kook net gewone pampoen in water tot dit sag is.
Gooi van die water af.
Roer genoeg suiker en kaneel in.
Sny twee snye dik witbrood en botter ruim aan albei kante.
Sny in blokkies en roer by die pampoen in.
Die brood absorbeer die res van die water.
Laat so effens kook/braai tot die meeste vloeistof weggekook het.

Antoinette Wiese:
Oh heeeerlikheid ek het die naweek Herbert of groot Murgpampoen gesoek, want dis mos eintlik die een om te gebruik.
Helaas hulle is buite seisoen tans.
Ouma het dit Marrow mos genoem.
Bietjie soet gemaak met stukkies brood ingesit en dan van die water uitgeskep en bietjie vla poeier ingeroer en dan gekook tot hy romerig is.