GIDEON SE VARKSTERTJIES IN DIE OOND


GIDEON SE VARKSTERTJIES IN DIE OOND
Ek het vir aandete saam met lekker smash die varkstertjies in die oond gebak en julle sallie glo hoe lekker en maklik dit is nie Trek die stertjies se velle af en sny met ‘n skerp mes snytjies kruis en dwars oor die vleis.
Pak dit dan oop op ‘n snyplank en besprinkel met sout na jou smaak.
Sprinkel nou Worcestersous oor en vryf dit mooi in die snytjies in en sprinkel ‘n klein bietjie chillie flakes oor.
Pak die stertjies in ‘n oondvaste bak en bedek met foelie (geen ander vloeistof nie).
Bak in die oond vir 2 ure op 160°C.
Stel dan die oond na 180°C en bak vir nog ‘n uur en verwyder die foelie.
Stel die oond op stadige grill no1 en grill stadig vir omtrent 20 min tot ‘n lekker sagte crisp gevorm is.
Ons het dit saam met lekker smash geëet en ek het daai sousie so in ‘n holtetjie in die smash geskep.
Hmmmmmmmmm djeeeerlik!
Resep en foto: Gideon Louw