BORRIE KAASSOUS


BORRIE KAASSOUS
2 eetlepels koekmeel
1 mespunt borrie
sout en peper na smaak
halwe teelepel fyn knoffel
2 eetlepels botter
ongeveer 300 ml melk
gerasperde kaas na smaak

Smelt die botter in ‘n kastrol en braai die knoffel daarin. Giet die melk daarby en bring tot kookpunt. Meng die borrie en sout en peper goed deur die meel en voeg by die melk. Klop deeglik tot mooi glad en gaar. Meng die kaas by en skep oor gaar groente.
Resep geplaas deur Susan Forbes Pieters
Foto: Susan Forbes Pieters