ALTA SE WEN VLEISROLLETJIES OF VLEISPASTEITJIES


ALTA SE WEN VLEISROLLETJIES OF VLEISPASTEITJIES
Die resep is getoets en word al jare gebak vir tuisnywerhede.
Deeg:
2 pakke van 500 g en 1 van 250 g magarien, yskoud (volroom, ek gebruik Spar se rooiband)
12 koppies koekmeel
1 teelepel kremetart
2 teelepels sout

Meng droë bestanddele saam.
Rasper magarien grof in meel.
Vryf botter in dat dit lyk soos broodkrummels.

Klits saam:
6 eiergele
120 ml wit asyn
1 ½ koppie yswater
Voeg by meel mengsel.
Sny met mes tot alles saam kom.
Verdeel deeg in 2.

Sit in plastiek sak en druk plat dat dit ‘n reg hoek vorm, sit in yskas oornag. As jy gaan bak, haal deeg so ‘n uur voor die tyd uit om ‘n lekker werkbare deeg te hê.

Maalvleis vulsel:
3 kg maer maalvleis
600 g gerasperde aartappels

Mikrogolf dit vir so 10 min met water wat aartapels net toemaak, (ek maak dit toe met gladwrap met ‘n gaatjie in.
Braai maalvleis ‘n platboom groot kastrol in bietjie olie, roer met vurk om vleis los te kry.
Voeg gaar aartappels by, voeg 4 koppies water by, ingesluit die water wat oor is van aartappel water.
Meng saam in ‘n bakkie:
(ASB dit is die regte hoeveelhede)
9 teelepels gebreekte koljander, nie fyn nie
4 teelepels sout
1 teelepel gelyk fyn naeltjies
1 hoogvol teelepel peper
¼ koppie BBQ sous
¼ koppie blatjang
¼ koppie asyn
5 teelepels BBQ spice

Voeg dit by maalvleis, kook goed deur en roer goed deur.
Nou roer jy ‘n koppie of bietjie meer koekmeel by om ‘n nie-waterige vulsel te hê, dit moet hanteerbaar wees om in worsrolletjie te kan sit. Laat vleis goed koud word, verkieslik in yskas. Rol deeg uit, sny in stroke en vul met vleisvulsel, sny groote soos jy verkies, smeer met geklitste eierwit en bak in oond op 180°C vir ± 40 min, of tot mooi bruin soos jy verkies.
Ek sê net deeg moenie te dik wees nie, ook nie te dun nie.
Eie resep, eie vulsel, eie fotos
Resep en fotos deur Alta van Dyk