VARKBLAD IN DIE OOND


VARKBLAD IN DIE OOND
1 x 2 kg varkblad
1 eetlepel olyf olie
1 teelepel growwe sout
½ teelepel wit peper
Smeer ‘n klein bietjie van die olyf olie op die bodem van ‘n oondbak en plaas die vleis daarin.
Smeer die res van die olyf olie oor die vleis.
Sprinkel die sout en peper oor die vleis en bedek dig met foelie.
Stel die oond op 140°C en bak vir omtrent 4 ure.
Haal die vleis versigtig uit en plaas in ‘n ander oondbak en grill dit op die middelste rak op lae hitte tot die vel lekker crisp is, maar nie gebrand nie.
Intussen neem die bak wat die vleis in was met die sous in en voeg daarby 1 teelepel droë pietersielie en 2 teelepels bruinsuiker.
Meng dan 2 teelepels opgehoopte maizena met ‘n bietjie water en voeg by die sous en verhit dit en laat prut vir ‘n paar minute tot dik.
Sit die sous in ‘n sousbakkie en sit voor saam met die vleis.
Resep en foto: Gideon Louw