1

SUKSES PAASBALLETJIES


SUKSES PAASBALLETJIES
12-14 bolletjies
250 ml warm melk
100 ml botter gesmelt
1 eier
80 ml suiker
sout
10 g kitsgis
15 ml fyn kaneel
15 ml gemengde speserye
890 ml koekmeelblom
250 ml rosyne

Kruise:
60 ml meel
15 ml olie
30 ml water

Glasuursel:
Kook saam vir 5 minute
100 ml water
50 ml suiker

Verhit oond tot 180°C. Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in middelslag mengbak. Voeg speserye en genoeg meel by tot ‘n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5-8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume sowat 1 uur. Voeg rosyne by en knie af tot rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume sowat 30-45 minute. Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies en plaas stewig teen mekaar in pan. Laat rys tot dubbel volume 30-45 minute.
Kruise
Meng bestanddele vir kruise tot stywe pasta. Spuit bo-oor deeg. Bak 30-35 minute tot goudbruin en gaar.
Glasuursel
Verf met glasuursel en laat afkoel.
Ek het 26 bolletjies uitgekry. By die kruise het ek ekstra water gevoeg, want dit was te styf.
Resep geplaas deur en foto: Elaine Steyne Steyne