SOUS VIR ‘N GARNAAL VOORGEREG


SOUS VIR ‘N GARNAAL VOORGEREG
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel mayonnaise
1 eetlepel sweet chillie sous
1 eetlepel blatjang
1 desertlepel suiker (12,5 ml)
‘n knippie sout asook ‘n bietjie wit peper

Braai die garnale vir ‘n paar minute in knoffelbotter en plaas op ‘n paar kropslaai blare in ‘n bakkie. Meng al die bestanddele vir die sous en bedien dit oor die garnale na smaak.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw