SKEMER PEUSELHAPPIE


SKEMER PEUSELHAPPIE
Oorskiet skilferkors deeg gebruik, uitgerol, gesmelte botter gesmeer, kaas gestrooi en in repe gesny en in oond gebak vir 15 minute teen 220ºC dan op 180ºC vir nog 20 minute in oond.
Los in die oond vir nog 15 minute om uit te droog.
Die vierkantiges het ek bietjie karwysaad by kaas gestrooi, dieselfde metode gebruik as vir die repies, liggies met geklitste eier en water mengsel geverf (eggwash), lekker saam skemer kelkies.
Resep en Foto: Alta Gunter Van Dyk