SKAAPKERRIE POT MET KLUITJIES


SKAAPKERRIE POT MET KLUITJIES
4 heel skenkels, of gesny soos jy verkies
4 aartappels, geskil en in kwarte
1 wortel, in ringe
2 eetlepels kerrie poeier
4 kardamom sade
2 stukke kaneel bas
2 lourier blare
1 ster anys
1 blik heel tamaties
1.5 liter skaap aftreksel
30 ml olie
handvol sprietuie
Kluitjies:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
sout na smaak
genoeg water om dik slap deeg te maak
Braai skenkels in olie tot bruin.
Maak tamatie in bak fyn, gooi gekapte sprietuie by. Gooi by skenkels as dit mooi bruin is met helfte van aftreksel ook.
Krap van jou kole weg as dit te warm is. Jou pot moet net prut vir 2 ure of tot skenkels sag is. Bly opvul met aftreksel dat hy nie droog raak nie.
Voeg res van speserye by en prut vir halfuur.
Nou tyd vir wortel en aartappels, prut tot aartappel sag is.
Meng die kluitjie bestanddele.
Skep lepelsvol deeg op die pot, sit die deksel op en kook so 10 tot 15 minute tot jou deeg gerys en gaar is. Moenie die deksel oplig vir die eerste 10 minute nie, dan slaan die kluitjies toe.
Sodra die kluitjies gaar toets, skep op en geniet.
Resep geplaas deur Hendrik Markgraaff
Foto: Hendrik Markgraaff