MARIETTE SE MOERBY KAASKOEK


MARIETTE SE MOERBY KAASKOEK
Kors van Tennisbeskuitjies en gesmelte botter (1 pak beskuitjies gekrummel gemeng met 80 – 100 ml botter/margarien)
Meng goed en druk op bodem van tertbak vas.

Vulsel:
2 blikkies kondensmelk
1 blikkie karamel kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 koppie styfgeklopte room (250 ml)
3 blokke Bourwin roomkaas (150 g elk)
250 ml room vir bo-op ekstra

Klop alles saam en skep op die kors.
Klits nog 250 ml room styf.
Skep styfgeklopte room bo-op en sprinkel met gekapte Oreo koekies.
Resep geplaas deur Mariette Heydenrych-Kotze
Foto: Mariette Heydenrych-Kotze