HOENDER IN ROMERIGE WITWYNSOUS


HOENDER IN ROMERIGE WITWYNSOUS
1 ui gekap
1/4 groen soetrissie gekap
1.2 teelepel knoffel gekap
1/3 pakkie sampioene gekap
1/3 pakkie gerookte spek in stukkies gesny
Grof gemaalde swartpeper, sout, oreganum en basilliekruid na smaak
3 hoender fillette in repies gesny
1/4 koppie witwyn
1 1/2 koppies room
Braai ui, soetrissie, knoffel, sampioene, gerookte spek, peper, sout, oreganum en basillikruid tot uie deurskynend is. Voeg hoender by en braai goed deur. Voeg witwyn by en kook goed deur. Voeg room by en prut tot ‘n dikkerige romerige sous vorm.
Foto: Petré van Jaarsveld