AMERENO KERSIE HOLDERSTE BOLDER OP SY KOP KOEK


AMERENO KERSIE HOLDERSTE BOLDER OP SY KOP KOEK
1 blik  amereno kersies
Meng die volgende droë bestanddele saam
1 ½ koppie meel + 2 eetlepels
1 koppie suiker
1 teelepel koeksoda (bicarb)
½ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier

Maak 3 kuiltjes in die meelmengsel. (2 klein en 1 groot)
Meng die volgende:
1 teelepel asyn
1 ½ teelepel vanilla
5 eetlepels olie

Deel die mengsels en gooi in elk van die kuiltjes.
Gooi nou 1 koppie water en ‘n kwart koppie van die amereno kersies se stroop oor alles en meng goed.

Sny kersies in halwes en pak op bodem van gesmeerde tertpan.
Gooi die deeg versigtig oor die kersies dat die kersies nie teveel skuif nie.
Bak vir ± 35 min by 180 ºC, tot jou toetspen skoon uitkom.

Ek het hom dadelik uit die tertpan gehaal en nog bietjie van die stroop oor die warm koek gegooi.
Die koek is definitief nie lugtig nie, meer soos ‘n wortelkoek. Is ook nie soet nie.

En ja julle lees reg. Geen eiers, geen botter en geen melk.
En nou gaan ek my 2de stukkie eet…..🤭
Foto en resep:  Elzetna De Bruin