“SWEET CHILLIE” SOUS HOENDER


“SWEET CHILLIE” SOUS HOENDER
Resep: Alta Jansen van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
Meng saam:
4 eetlepels sweet chillie sous
4 eetlepels Mrs Balls mild blatjang
2 eetlepels plain jogurt
1 opgehoopte eetlepel hoender speserye
grofgemaalde swart peper na smaak
1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
knoffel na smaak
Lig die hoender se vel plek plek waar moontlik en vryf die mengsel op die vleis in, asook binne in die hoender.
Maak sous aan met:
1 koppie sweet chillie sous
½ koppie jogurt
½ koppie mayonnaise
fyngekapte pietersielie en roosmaryn, na smaak
sout en peper na smaak
groen soetrissie, rooi soetrissie of geel soetrissie van jou keuse, opgekap
Meng alles saam, gooi oor hoender en bak vir sowat 1 uur op matige hitte of tot gaar.
Moenie die olyf olie vergeet nie, so 2 eetlepels by elke mengsel.