ROOI ROMAN IN DIE OOND GEBAK


ROOI ROMAN IN DIE OOND GEBAK
Nadat die vis skoongemaak is, stop binne in die maag met fennel, skywe tamatie en uieringe. Maak die vis toe en geur met vis speserye, sout, suurlemoensap en botter.
Sny genoeg suurlemoen skyfies en plaas onder in die oondpan.
Plaas die heel vis op die skyfies in ‘n oondpan. Sit paar uie ringe bo-op die vis ook.
Maak oondpan toe met foelie en bak 45 min teen 180ÂșC.
Geniet saam met roosterbrood, guacamole, gebraaide chilli-pynappel en angel kisses.
Resep en foto: Elize de Kock