PONS MET ALKOHOL

PONS MET ALKOHOL
1 blik pynappelmoes
2 blikkies granadillamoes
1 liter “Clover” lemoensap
2 liter “Sprite”
2 liter soda water
Meng alles en gooi gaskoeldrank by voor opdien. Rooi kersies, kiwi en arbeie is mooi daar in. Jy kan enige skop (alkohol) byvoeg.
LEKKER PONS MET ‘N SKOP
2 bottels vodka
2 x 2 liter sodawater
8 liter tropiese aanmaak sap (proe na smaak – maak dit effens soeter vir as ys later bykom)
2 bottels vonkelwyn
2 blikkies vrugte
Laat vrugte met sap vooraf bietjie in vodka lê vir lekker skop. Meng alles saam. Gooi vonkelwyn in net voor opdien saam met lekker baie ys! Vir minder skop, gebruik net 1 bottel vodka.
LEKKER VRUGTEPONS MET ‘N SKOP
(sowat 6 liter)
Die dieprooi bessiekleur laat lyk dit net so lekker lyk soos dit smaak.
12 rooi appels, in dun ringe gesny
250 g bloubessies
2 liter aarbeisap
1 liter bosbessiesap (cranberry)
2 liter limonade
1 x 750 ml bottel vonkelwyn van jou keuse
1 kg ys
Gooi al die bestanddele bymekaar en sit voor in ‘n groot glasbak.
Wenk: Jy hoef nie vonkelwyn by te voeg as jy nie van alkohol hou nie. Jy kan dit vervang met 750 ml vonkeldruiwesap.
PARTY PUNCH
4 cups cranberry juice
3 cups apple juice
½ cup fresh lemon juice, about 3 to 4 lemons
1 lemon, thinly sliced
1 can (8 ounces) pineapple chunks in juice, undrained
1 liter or quart soda water
Combine cranberry juice, apple juice, and lemon juice. Add lemon slices and pineapple chunks. Chill. Serve over ice in a punch bowl; add soda water.Recipe for party punch makes 3 quarts.
REAL EASY HAWAIIAN PUNCH
4 cups of orange juice
4 cups of guava juice
4 cups of pineapple juice
½ cup red grenadine
4 ½ cups ginger ale)
Make sure the juices are well chilled and have been in the fridge for at least one day. (That way you won’t have to add too much ice to make it cold.)
When it is time to serve the punch, pour the juices into a large bowl and add the grenadine and ginger ale. (Make sure they are cold, too!) You can add some additional ice cubes if you wish.
This recipe is close to a traditional Hawaiian rum punch… without the rum. If you wish you can add the rum by using 3 ½ cups less ginger ale and substituting 3 cups of light rum and ½ cup of dark rum. Don’t stir in the rum, just add it.
VRUGTE IN SEISOEN PONS
Paw paw, pynappel, appels, druiwe, grinadella pulp en enige vrugte wat in seisoen is
bottel vodka
bottel sangria
sprite en ys
Sny die vrugte op en gooi dan die drank by. Laat so dag of 2 staan vir die skop gedeelte, dan daarna gooi jy die sprite en ys by.
PIENK PONS
Pak gevriesde gemengde berries
Frangelico likeur
Strawberry of gemengde bessie sap
Lemonade / Vonkelwyn
Sit berries in ‘n pons bak en gooi Frangelico oor, en laat staan oornag. Net voor partytjie begin, voeg sap en lemonade / vonkelwyn by.
PIENK PONS
Sny so 1 kg aarbeie in kwarte, sprinkel een koppie strooisuiker oor en bedek met vodka (doen dit ‘n dag voor die tyd sodat dit lekker kan intrek). So uur voor die gaste opdaag, gooi 2 L bessie sap by, ‘n bottel vonkel wyn en 2 liter soda water of Sprite (indien jy dit soeter verkies).
GEMMERBIER
Jy moet hiervoor ’n groot plastiekemmer met ’n deksel hê. (sowat 10 liter)
10 liter water
1 kg suiker
15 ml jamaikagemmer
50 g kremetart
250 ml suurlemoensap
1 pakkie (10 g) kitsgis
250 ml sultanas
Bring die water tot kookpunt en voeg die suiker, gemmer, kremetart en suurlemoensap by. Meng goed. Haal van die hitte af wanneer die mengsel goed kook. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg die gis en sultanas by. Roer goed. Gooi die gemmerbier in die groot plastiekemmer en maak toe. Laat staan vir drie dae by kamertemperatuur. Ná drie dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in tweeliter-plastiekbottels oorgooi. Hou die bottels in die yskas.
GROENMAMBA PONS
2 liter lemoensap
60 ml suurlemoensap
1 blik fyn pynappel
4 blikkies granadillamoes
6 piesangs, skyfies gesny
Stroop:~ roer oor hitte tot suiker goed opgelos is en laat dan yskoud word~
2 kop suiker
6 koppies koue water
4 liter Cream Soda
kersies vir versiering
Meng die suikerstroop met die pons bestanddele en hou koud, maar voeg die Cream Soda net voor bediening by.
Die resep halveer baie maklik vir kleiner hoeveelheid.
BLITS VINNIGE PONS
375 ml gin
750 ml wit wyn
750 ml Oros
375 ml lemmetjiesap (bv Roses)
6 liter lemonade
1 blikkie granadillamoes
825 g-blik pere
825 g-blik perskes
825 g-blik pynappelstukke
Voeg res van bestanddele behalwe lemonade by. Laat oornag in gin en witwyn lê. Voeg lemonade, Oros en die lemmetjiesap net voor opdiening by.
BLOU BESSIE PONS
500 ml droë witwyn
250 ml Rose wyn
500 ml Limonade
250ml Gemmerlim
250 g aarbeie
250 g bloubessies
250 g frambose
takkies vars kruisement
Meng al die bestanddele in ‘n beker. Vries die bessies en gebruik dit sommer as die ysblokkies. Jy kan die wyn met nog limonade vervang.
Resepte geplaas deur Gordon Hodge
Hein Viljoen
750 ml vodka
3 liter sparkling water gegeur (ons gebruik gewoonlik aarbei)
375 ml lime
Mint blare
Meng alles en geniet.