1

PETRE SE RESTAURANT PIZZA’S


PETRE SE RESTAURANT PIZZA’S
Pizza basis:
Resep is nou aangepas vir 3 basisse.  Oorspronklike resep wat ek vir my restaurante gebruik het was 4 kg meel.
500 g koekmeel
375 ml warm water
25 ml olyfolie
¼ teelepel kits gis
sout na smaak (ek het ‘n groterige knippie sout geneem)

Meng warm water, sout, kits gis en olyfolie.
Roer meel met die hand by die warm water.
Knie tot deeg nie meer aan hande vassit nie.
Bedek en laat rus vir 1 ½ uur.
Weeg 250 g deeg vir ‘n groot pizza. Rol uit, sny rond uit, en rol of steek deeg vol gaatjies soos op die fotos.
Stel oond op sy hoogste temperatuur.
Bak basis vir 1 minuut. Dit voorkom dat die basis “soggy” raak wanneer die toppings opgesit word.
Stel oond op bak vir bo en onder. Plaas rak van oond een verstelling laer as in die middel. Pizzas word gewoonlik teen 300°C in ‘n pizza oond gebak vir 3 minute.
‘n Gewone oond neem langer. Ek bak myne vir 10 tot 12 minute.

Pizza sous vir basis:
(daar is nog genoeg oor wat ek later gaan verhit en bottel)
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 ui, gekap en gebraai tot deurskynend
1 pakkie tamatie pasta
½ teelepel fyn knoffel
1 teelepel oreganum
¼ teelepel basilikruid
45 ml witwyn
bietjie suiker om die ergste suurigheid te breek
Kook goed deur. Gooi in voedselverwerker of versapper.

Mosterd Mayonaisse sous:
3 groot eetlepels mayonaisse
2 eetlepels soetrissiesous
1 teelepel Engelse mosterd
2 teelepels tamatiesous
Meng alles saam, en skep in ‘n bottel met ‘n spuitstuk voor aan.
1ste een –  Russiese worsies in skyfies gesny, met soerissie en sampioene, met ‘n mayonaisse en mosterd sous.
2de een – Hawaiin Pizza – ham en pynappel.
Resepte en Fotos: Petré van Jaarsveld