MOKKAKAASKOEK


MOKKAKAASKOEK
My Mokkakaaskoek met First Choice Chocolate Flavoured Dairy Desert
Kors:
1 pakkie Cappuccino tennisbeskuitjies, fyn gemaak, meng dan met 100 g gesmelte botter en druk eweredig vas op die bodem van jou koekpan. Plaas in die yskas tot benodig.
Kaaskoek:
2 x 250 g houers roomkaas of mascarpone kaas
150 g donker sjokolade gesmelt
125 ml (½ koppie) baie sterk koffie
30 ml (2 eetlepels) suiker (ek het xylitol gebruik)
30 ml (2 eetlepels) gelatien gespons in 60 ml (¼ koppie) water (ek het bietjie ekstra gelatien bygesit ±10 g)
250 ml First Choice Chocolate Dessert, lekker koud styf geklop
Kaaskoek:
Plaas die roomkaas in ‘n grootmengbak en klits tot sag. Giet die gesmelte sjokolade stadig by terwyl jy klits. Voeg die koffie en suiker by. Klits tot goed gemeng. Vou of klits die First Choice Sjokolade by.
Plaas die gesponste gelatien vir 10 -15 sek in die mikrogolf of tot net gesmelt. Voeg by kaaskoekmengsel terwyl jy deurmeng.
Skep die kaaskoekmengsel bo-oor die kors en smeer glad. Laat verkoel vir 3 – 4 uur of oornag tot gestol. Ek het bietjie kakao oorgesif.
Resep geplaas deur Marie Wright
Foto: Marie Wright