MELKSKOMMEL – SMOOTHIE


MELKSKOMMEL – SMOOTHIE
Ek het vir my en vroulief elk ‘n lekker “smoothy” gemaak en was djeeeerlik.
3 geskilde gevriesde piesangs, gekerf
1 geskilde gekerfde mango
1 baie klein geskilde gekerfde papaja
2 tot 3 koppies vanilla roomys
1 teelepel vanilla essense
2 eetlepels heuning
1 ½ koppie melk
Gooi alles in die voedselverwerker en maak tot dit vloeibaar is.
Giet in ‘n glas en geniet.
Die is ons voorslaap genietingkie.
Resep en foto: Gideon Louw