KONINGIN’S POEDING MET VARIASIE


KONINGIN’S POEDING MET VARIASIE
http://www.foodloversrecipes.com/2015/11/mev-verwoerd-se-gunsteling-poeding-koningings-poeding/
Die Koningin’s Poeding se basiese resep gevolg, behalwe dat ek die stukke koek wat ek afsny, rap en vries van krummels gemaak (wortelkoek krummels) in die plek van broodkrummels. Die suiker het ek uitgelaat – daar was nog 1 koppie lemoenstroop oor wat ek bygevoeg het, asook fyn gekapte skil van 1 lemoen.
2 pond (900 g) wortelkoek krummels gemaak in voedselverwerker
8 eiers, geskei
2 koppies melk
1 koppie lemoenstroop
fyn gekapte skil van 1 lemoen
Meng krummels, eiergele, melk, lemoenstroop en fyn gekapte skil. Skep in oondpan en bak teen 180°C vir om en by 25 minute of tot gestol. Smeer appelkooskonfyt oor. Klits eierwitte styf met 1 koppie suiker en 2 teelepels kremetart. Skep meringue bo-op appelkooskonfyt. Bak tot goudbruin.
Foto: Petré van Jaarsveld