HEERLIKE HOENDERKERRIE


HEERLIKE HOENDER KERRIE
30 ml kookolie
1 groot ui, in skywe gesny
3 kardemompeule
2 kassia- of kaneelstokkies
8-10 hoenderporsies
1 tamatie, geskil en gekap
5 ml borrie
15 ml fyn komyn
10 ml fyn koljander
5 ml brandrissievlokkies
15 ml masala
15 ml gemmer-en-knoffel-pasta
4 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
sout na smaak
1 bossie vars koljanderblare (dhania), grofgekap

Verhit die olie in ‘n groot kastrol en voeg die ui, kardemom en kassia by. Soteer die ui tot sag en deurskynend voor jy die hoender byvoeg. Braai vir 10 minute en voeg dan die tamatie en die res van die speserye by. Kook vir 1 minuut. Voeg die gemmer-en-knoffel-pasta en die aartappels by en kook tot die aartappels sag is. Geur na smaak. Garneer met die gekapte koljanderblare en sit met geelrys en rosyne of gewone witrys voor.
Resep en foto:  Bradley Davids