ANDERSTE GRANADILLA CREMORA TERT


ANDERSTE GRANADILLA CREMORA TERT
250 g roomkaas
250 g volroom granadilla jogurt
1 blikkie volroom kondensmelk
250 ml yskoue water
500 ml Cremora
2 klein blikkies granadilla pulp
200 ml suurlemoensap
Tennisbeskuitjies
Pak die tennisbeskuitjies in die onderkant van ‘n langwerpige glas bak.
Meng die cremora met die yswater.
Klits die roomkaas, jogurt en kondensmelk saam tot glad, voeg die Cremoramengsel en granadillapulp by en klits weer saam.
Terwyl jy klits, voeg die suurlemoensap by en klits tot die mengsel begin styf raak.
Skep die vulsel oor die tennisbeskuitjies en plaas 3 tot 5 ure in yskas om verder te stol.
Foto en resep: Christine Louw