AMSTERDAMMERTJIES


AMSTERDAMMERTJIES
Baie dankie Irma Van Ellewee Swart vir die resep vir die Amsterdammertjies – dit is toe al die tyd die langverlore lekkerny waarna ek al jare soek!
Stel oond op 160°C
500 g bruismeel
250 g suiker
300 g margarien
250 g marzipan
2 eiers
sout
1 teelepel amandelgeursel. (Persoonlik sal ek volgende keer bietjie minder gebruik.)

Meng suiker en margarien.
Rasper marzipan by met growwe rasper.
Voeg res van bestanddele by en knie tot goed gemeng.
Druk plat in gesmeerde pan.
Bak vir 20-25 min.
Laat afkoel en sny.
Nota:  ‘n Geklitste eier en 3 eetlepels water kan ook bo-op gesmeer word – ek het dit nie gedoen nie.
Resep: Irma Van Ellewee Swart
Foto: Candice Marais