AARTAPPELSKYFIES OP ‘N STOKKIE


AARTAPPELSKYFIES OP ‘N STOKKIE
Sny aartappels met ‘n aartappelsnyer in dun skywe sonder om dit heel deur te sny en ryg op sosatie stokkies. Druk die skyfies bietjie op op die stokkie en plaas dit op ‘n bakplaat wat met ‘n nie-kleefmiddel gespuit is. Smeer die aartappels met olyfolie en bestrooi met sout na smaak, knoffel vlokkies en Italiaanse kruie. Bak vir ‘n halfuur op 180ÂșC, haal uit en smeer met botter en plaas terug in die oond vir ‘n verdere half uur.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw