TAPIOKA-POEDING


TAPIOKA-POEDING
Genoeg vir 6 mense
½ koppie tapioka
250 ml (1 koppie) water
500 ml (2 koppies) melk
2 eiergele
125 ml (½ koppie) suiker
’n knippie sout
vanieljegeursel

Week die tapioka 15 min in water. Voeg 1 koppie melk by en laat week 15 min.
Klits die oorblywende melk, eiergele, suiker en sout tot ’n gladde mengsel.
Gooi dit in ’n pot oor matig lae hitte. Voeg die tapioka-mengsel by. Verhit en roer 15 min. Verwyder van die hitte, roer die vanielje in en sit voor.
Resep geplaas deur Renette Jacobson