SJOKOLADE VLA


SJOKOLADE VLA
Meng die volgende saam:
3 gelyk eetlepels vlapoeier
suiker na smaak
50 ml melk
Bring 500 ml melk tot kookpunt.
Breek ‘n halwe “slab” Lindt donker sjokolade (80%) in stukkies en voeg by melk.
Meng tot gesmelt en voeg vla mengsel by. Stel stoof laag en roer aanhoudend tot dik.
Ek het ‘n vanilla koek gebak wat flenters gebreek het met die uithaal slag uit die pan uit.
Toe breek ek hom maar verder op en maak diƩ vla om saam met die koek te bedien as nagereg.
Resep en foto: Natacha Visagie