PANNEKOEK SONDER MELK
Dié pannekoek vries ook baie goed. Ek bak dit en vries dit so 10 op ‘n slag. As ‘n mens minder wil maak dan deel jy net die bestanddele in in vier. Ek het gevind as ek net ‘n kwart van dit maak, kom daar ongeveer 10 pannekoeke uit. Net genoeg vir my en Manlief.
4 koppies meelblom
½ teelepel sout
4 eiers
5 koppies water
½ koppie olie
4 teelepels bakpoeier
Sif meel en sout saam.
Klits eiers, water en olie saam en voeg by meelblom mengsel.
Klits stadig by sodat dit nie klonte vorm nie.
Voeg die bakpoeier heel laaste by.
Laat rus die deeg vir sowat 30 min en bak pannekoeke.
Resep geplaas deur Francis Schoeman