OORSKIET VLEIS PASTEI


OORSKIET VLEIS PASTEI
1 rol skilferkors deeg, in twee gedeel
500 g tot 600 g medium “rare” gebraaide steak, in stukkies gesny
2 medium groot uie, in stukkies gesny en gesmoor saam met ‘n eetlepel olyfolie, ‘n eetlepel bruin suiker en ‘n eetlepel balsamiese asyn
2 eeetlepels Worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel soet rissie vlokkies
1 eetlepel suiker
1 teelepel rissie vlokkies
1 teelepel knoffel vlokkies
½ pakkie bruin uiesoppoeier
½ pakkie sampioensoppoeier
1 geklitste eier

Meng die twee soppoeiers met 1 ½ koppies water en voeg by die uiemengsel.
Meng dan die vleis en uie saam met al die ander bestanddele.
Rol die een helfte van die deeg uit en plaas in ‘n gespuite oondbak.
Skep die koue vleismengsel in die bak bo-op die deeg.
Plaas die ander stuk gerolde deeg bo-op en smeer die rante met geklitste eier en druk effens vas met ‘n vurk.
Smeer die res van die eier oor die deeg en druk ‘n gaaitjie of twee in die boonste deeg.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir een uur tot mooi bruinerig.
Ons het dit geniet saam met ‘n skeppie ertjies en ‘n skeppie gekookte soetpatat.
Nota: Gideon Louw as ek dit weer doen gaan ek twee velle deeg gebruik en dit nie uitrol nie, dan het ek ‘n lekker dikkerige kors.
Foto en resep: Gideon Louw
Nota: Het hom sonder die sop poeier en eier gemaak.
2de foto: Johan Westenberg