MARIE BESKUITJIE EN SJOKOLADE BLOKKIES


MARIE BESKUITJIE EN SJOKOLADE BLOKKIES
2 pakke Mariebeskuitjies, gebreek
250 g botter of margarien
100 ml kakao, gesif
500 g versiersuiker, gesif
2 eiers, geklits
1 teelepel vanilla
Breek die beskuitjies in ‘n bak. Klits die eiers hou eenkant.
Smelt die botter in groot mikrogolf bak en voeg die kakao, versiersuiker, vanilla en eiers by.
Meng goed.
Kook mengsel 2 min in mikrogolf op hoog.
Voeg gebreekte beskuitjies by en meng tot beskuitjies bedek is.
Versprei mengsel op gesmeerde rolkoek pan. Los oornag in yskas.
Sny in 4 cm blokkies. Geniet.
Resep en foto: Susan Beaurain