LEKKER CROISSANTS


LEKKER CROISSANTS
Jy kan ‘n bietjie appelkooskonfyt op die deeg skep voordat jy dit oprol, moenie die konfyt smeer nie.
450 ml koekmeel
12,5 ml bakpoeier
1 ml sout
62 g botter
300 ml gerasperde kaas
175 ml melk
1 eiergeel

Sif meel, sout en bakpoeier.
Vryf botter in, totdat dit soos mieliemeel lyk.
Voeg kaas by.
Maak aan met 150 ml van die melk, tot ‘n deeg wat uitgerol kan word.
Verdeel deeg in 4 stukke.
Rol dun uit op meelbestrooide plank in n sirkel van 20 cm deursnee.
Verdeel sirkel in 8 stukke.
Rol elke stuk van buiterand af na die punt toe op.
Knak rolletjie dat halmaanvormig is.
Klits eiergeel en melk en bestryk rolletjies.
Bak by 180ÂșC tot goudbruin.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling