IRMELDA SE PEER BLATJANG


IRMELDA SE PEER BLATJANG
Ek het nou die dag blatjang gemaak met pere en dit was heerlik!
1 kg pere, fyngesny
1 kg suiker
2 teelepels sout
2 teelepels kerrie
50 gram rosyne
peper na smaak
2-3 groot uie, fyn gekerf
1 koppie asyn
3 rooi rissies, fyn opgesny
Opsioneel:  Ek sit maar altyd bietjie chilliepoeier by, my huismense hou van warm!

Kook alles saam en bottel warm.  Ek kook tot pere sag is en gebruik “blender” om bietjie fyner te maak! As “geblend” is word blatjang gou dik en kan dan gebottel word. Pere word gou sag, ± 30 min.
Foto en resep:  Irmela Joubert