GIDEON SE SPUR UIERINGE


GIDEON SE SPUR UIERINGE
2 of 3 uie met ‘n mandolien op sy dikste stelling gesny in ringe
Sny dan die ringe deur sodat dit lang stringe is.
Plaas die stringe in ‘n bak en bedek met melk.
Meng die volgende in ‘n mengbeker:
1 eetlepel smoked paprika
1 eetlepel Aromat
1 koppie meel
Verwyder die stringe uit die melk en droog met handdoek papier.
Meng dan die stringe met die meelmengsel sodat dit liggies bedek raak.
Diep braai in warm olie vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Skep uit met gleuf lepel op kombuispapier en bedien dadelik.
Ek het dit sommer in my rooi pannetjie op die kole gedoen.
Foto: Gideon Louw