BANTING JAFEL BROODJIE


BANTING JAFEL BROODJIE
3 eetlepels heba meel (te koop by Food Lover’s Market)
3 eetlepels water
1 eier
ΒΌ teelepel bakpoeier
Meng al die bestanddele met ‘n vurk. Bak in mikrogolf op 100% krag vir 90 sekondes. (Gebruik ‘n ronde houertjie, so groot soos jou jafel-pan). Sny in die rondte middeldeur en smeer buitekant van broodjies met egte botter. Vul met banting-vriendelike vulsel (bv. ham, eier en kaas / maalvleis / hoender) en bak in jafel pan tot goudbruin aan weerskante.
Dit voel soos kroek, maar dit is nie!
Resep geplaas deur: Daleen Stephens