TENNISBESKUITJIE KOEK


TENNISBESKUITJIE KOEK
2 pakke Tennisbeskuitjies
2 blikkies karamel of genoeg om alles mee te doen

Ek plak eers elke beskuitjie van die 1ste pak aan die volgende een vas met karamel en sit hulle weer opmekaar soos in die pakkie, sit die hele hopie dan plat neer op ‘n opdienbord.
Doen dan die tweede pakkie. Sit hom langs die eerste een neer en plak dan die 2 rye Tennisbeskuitjies aan mekaar vas met karamel.
Daarna smeer ek die hele reghoek toe met karamel en sprinkel gebreekte Tennisbeskuitjies oor.
Ek het bietjie rondgespeel met twee geure karamel.
Plaas in die yskas vir so 3 uur. In die somer hitte stel ek voor dit word in in die yskas gehou.
Begin by een hoek en sny op skuinste. Dit is werklik baie lekker en maklik.
Idee en foto:  Isabel Geldenhuys