1

TAMIKA SE OREO YSKASTERT


TAMIKA SE OREO YSKASTERT
1 kg plein jogurt
2 pakke Oreo koekies
3 eetlepel suurlemoensap
2 blikke kondensmelk
50 g botter, gesmelt

Skep die 2 pakke Oreo koekies se versiersel af en plaas in ‘n aparte bakkie.
Krummel 1 pakkie oreo koekies , meng met die gesmelde botter.Plaas die Oreo bottermengsel in ‘n tertbak en druk plat met ‘n lepel om ‘n kors te vorm.
Krummel die ander pak Oreo koekies, sit die versiersel van die koekies by die krummels en meng.
In ‘n aparte bak meng die jogurt, kondensmelk en suurlemoensap en klits goed.
Meng die krummels in wat met die versiersel gemeng is en meng goed.
Skep die mengsel op die Oreo koekie basis.
Sit die tert in die mikrogolf vir 6 min op hoog.
Haal uit en laat koel af, plaas in die yskas nadat dit afgekoel het.
Bedien as dit koud en gestol is.
Resep geplaas deur Jenel Ralph van Wyk
Foto: Jenel Ralph van Wyk