SPANSPEK EN AVOKADO SLAAI


SPANSPEK EN AVOKADO SLAAI
Hoeveelhede na smaak:
roket blare
spanspek
avokado
heuning en mosterd slaaisous

Pak die roket blare onder in jou slaaibak.
Sny die spanspek in dun skywe en pak bo-op die roketblare.
Rangskik avokado wat in skywe gesny is bo-op spanspek.
Giet lekker genoeg heuning en mosterd slaaisous oor.
Bedien dadelik.
HEERLIK!
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota:  Rina Kleinhans – om te verhoed dat jou avokado verkleur, sit die hele avokodo skil en al in kookwater vir 1 minuut, laat heel afkoel en gebruik dan.